Warning: Illegal string offset 'output_key' in /usr/www/users/louisyzshd/wp-includes/nav-menu.php on line 604

Testimonials

“Louis Kriel Independent Reviewers is ‘n jong gevestigde professionele Rekenmeesters praktyk  te Stellenbosch, en die sakevernuf en kundigheid wat Louis Kriel Independent Reviewers tot dusver ten toon gestel het, het alreeds ‘n blywende impak in die sakewêreld gemaak. Hy staan uit vir sy onvoorwaardelike toewyding teenoor sy kliente te alle tye. Hy ontsien geen moeite om ‘n uitstekende diens aan kliente binne en buite Stellenbosch te bied nie. Hy is altyd tegemoetkomend, en gaan uit sy pad om aan elke klient se unieke behoeftes rondom hulle sake aangeleenthede te voldoen en te bekragtig.

Hy lewer persoonlike diens, behartig die werk self en daarom is hy in die bevoorregte posisie dat hy  ‘n indiepte insig en kennis van sy kliente se besigheid het. Hy identifiseer die behoeftes volgens die meriete, eie aan elke besigheid, en gee kundige en deursigte raad tot voordeel van sy klient. Hy moedig sy kliente aan om onafhanklik op te tree en uit te styg op hulle gebied. Daarom maak sy kliente ‘n verskil in die sakewereld en samelewing deur te alle tye deursigtig en eerlik te wees. Hy het ‘n uitstekende kennis van die algehele raamwerk van die voorgeskewe vereistes van die Suid Afrikaanse Inkomste Diens en skroom nie om daarby te hou en dit toe te pas nie.

Louis Kriel Independent Reviewers se integriteit teenoor sy kliente plaas hulle in die bevoorregte posisie om vooruit te beweeg, ‘n sukses van hulle bedryf te maak en menige sukses verhale het al die lig gesien. Louis Kriel Independent Reviewers het telkemale al bewys dat sy ongekende hoogstaande etiek, standaarde en passie vir sy kliente en werk resultate lewer wat altyd tot die voordeel van sy kliente strek. Louis Kriel Independent Reviewers se kliente is mense wat ‘n verskil maak omdat sy kliente en hulle belange sy hoogste prioriteit is.”